Nie my oupa se roer nie,vuurwapens en lisensies

ʼn Gepaste gesprek om te hȇ rondom erfenis dag is nie net wat die regte kondisie van jou biefstuk behoort te wees voor jy hom van die kole afhaal nie. Selfs nie eers hoekom ons besluit het om kondensmelk in aartappelslaai by te voeg, of teen watter tyd die vuur eintlik al aangesteek behoort te wees nie. Nee, daar behoort ook n draai te wees by jou regte ten opsigte van vuurwapens en watter erfenis aan jou (die gelukkiges onder ons) oorgedra was. Ook die erfenis wat jy self kan laat posvat en eendag aan ander welverdiendes oor te laat. Jag, familie erfstuk, stokperdjie, sport, kollekteerder, en self-verdediging, daar is wel ʼn plek in die son vir jou tipe eienaarskap.

Die vuurwapen kontrole wetgewing van 2000 het dit wel effe meer kompleks gemaak vir aanskaf en oordrag van vuurwapens. Met bietjie geduld is dit darem nie die berg wat almal uitmaak nie. Wel, miskien baie geduld. Iedergeval, dit begin by jou bevoegdheid.

Vuurwapens bevoegdheid

Daar is 5 basiese modules wat jou toelaat om vuurwapens wettiglik te besit:

  1. Kennis en toepassing van die vuurwapen kontrole wetgewing
  2. Hanteer en gebruik van handwapen
  3. Hanteer en gebruik van haelgeweer
  4. Hanteer en gebruik van slot of hand-aksie vuurwapen (lang geweer)
  5. Hanteer en gebruik van semi-outomatiese vuurwapen of karbein

In kort, afhangende van jou  doel moet jy die wetgewing module en een van die ander modules voltooi. Dis aanbevole om soveel modules soos bekostigbaar te doen en almal agter die rug te kry. Al bogenoemde modules word aangebied deur akkrediteerde opleiding verskaffers. Opleiding behels n teoretiese toets komponent volgens handleiding material. Dit word gekoppel met praktiese skietoefening. Indien suksesvol voltooi kry jy jou bevoegdheids bewys, gewoonlik in vorm van sertifikaat, maar hierdie document moet nie met jou SAPS bevoegdheid sertifikaat verwar word nie. Dit is die volgende stap.

SAPS  bevoegdheid aansoek

Nadat mens jou bevoegdheid bewys met aangeduide resultate by die opleiding instansie ontvang het, moet jy aansoek doen by die SAPS vir jou bevoegdheid sertifikaat. Dit behels die voltooiing van die SAPS 517 vorm tesame met paspoort fotos, bewys van verblyf, en minstens drie getuigskrifte. Laasgenoemde om jou as verantwoordelike persoonlikheid te bevestig. Die proses in total kan 3-6 maande neem. Dit moet eers afgehandel word voordat jy enige aansoek om vuurwapen lisensiering kan doen. Die bevoegdheid sertifikaat vanaf SAPS is vir 5 jaar geldig, of (huidiglik) tot die laaste lisensie vir daardie spesifieke vuurwapen tipe in jou besit verval. Let wel, dit is slegs hoe die wet op hierdie oomblik algemeen interpreteer word. Dit mag in nabye toekoms verander tot n vasgestelde tydperk vir hernuwing.

Lisensies

Noudat jy in besit is van jou bevoegdheid sertifikaat kan jy aanbeweeg om ʼn vuurwapen aan te skaf, indien nie reeds het nie. Of om daardie erfstuk by jou ouers oor te neem. Siende dat jy ook die wetgewing dan goed deurgelees het en ter harte ken, sal jy bewus wees dat vuurwapens in meestal vier afdelings lisensieer word – in terme van seksie 13, seksie 15, seksie 16 en seksie 17.

Elke lisensie kom met sekere limitasies. Vir jou self-verdediging handwapen is lisensiering in terme van seksie 13 mees gepas. Dit beteken wel hernuwing elke 5 jaar. Seksie 15 (geleentheid sport of jag gebruik) of seksie 16 (toegeweide jag of sport gebruik) is vir die een of twee erfstukke of daardie addisionele pragstuk wat jou hart begeer. Hernuwing is elke 10 jaar tesame met veilige bewaring en dra kondisie vereistes. Vir die gellukiges onder ons met menigte erfstuk of finansiering vir n hele rits pragstukke, is lisensiering in terme van seksie 17 (privaat kollekteerder) vereis.

In ons volgende blog  sal die verdere lisensie vereistes bespreek word.

-AnjangM

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.